WELKOM KWARTAAL 2 VAN 2023!
Die meerderheid Suid-Afrikaners sal die rand se swakheid die skerpste voel deur inflasie en rentekoersverhogings. 'n Onstabiele ekonomie, elektrisiteitskrisis, petrol- en voedselpryse wat styg, al hierdie dinge het 'n direkte uitwerking op ouers se vermoë on hul skoolgelde te betaal.
Education is a very important aspect of society and without money schools are not able to provide quality education. In South Africa, schools do not get a lot of financial support from government. Schools always need to keep the business aspect in mind when providing quality education.
Om 'n besigheid te bedryf behels baie faktore en die bestuur van 'n skool is geensins anders nie. Dit bied studente 'n plek om te leer onder leiding van bekwame opvoeders en personeel. Ouers betaal skoolgeld in ruil vir kwaliteit onderways. Dit verg 'n stabiele bron van fondse om 'n skool se finansies te verseker.
Een van die belangrikste finansiële prestasie-areas is die bestuur van u slegte skuld. Publkieke skole, maak seker dat u die vrystellings betyds verwerk en fokus op invordering van diegene wat skuld. Reik die Artikel 41 Finale Aanmaningsbriewe so vroeg as moontlik (April) uit en rehabiliteer u ouers deur hul na die wetgewende drie maande (Augustus) te oorhandig. Privaat skole, maak seker julle oorhandig swak betalers so spoedig moontlik.
NUWE BESTURENDE DIREKTEUR
Met CeeBee se uitsonderlike groei, het die Direkteure besluit om die direksie uit te brei. Simone Porter, die Algemene Bestuurder Regsafdeling is bevorder tot Besturende Direkteur en sal by Douglas Brake, Charleen Brake en Alvina Barnett op die direksie aansluit.
Simone het op die Wes-Rand in Roodepoort grootgeword en het in 2009 by Hoërskool Noordheuwel gematrikuleer. Simone het verder LLB Regte aan die Universiteit van Johannesburg gestudeer en haar graad in 2014 voltooi. Nadat sy haar twee jaar se artikels gedoen het, is sy toegelaat as 'n Prokureur in 2017.
Simone het op die 15de Maart 2017 as 'n interne prokureur by CeeBee begin en werk nou al ses jaar by CeeBee. Terwyl sy in ons diens was, het Simone sertifisering ontvang vir Finance for Non-Finance Managers van die Universiteit van Kaapstad en Business Management Fundamentals van die Universiteit van Stellenbosch.
Simone is getroud en is 'n ma vir 'n 3-jarige seuntjie. Haar man is ook 'n prokureur wat as 'n geakkrediteerde SARU Rugby Agent vir In Touch Sports werk.
Baie geluk Simone!

Simone Porter
VERJARING VAN SKOOLGELD
Verjaring is 'n term in ons Wet, wat bepaal dat die skuld nie meer afdwingbaar is nie.
Dit beteken dat sodra die skuld verjaar, jy nie meer stappe mag neem om dit te verhaal nie.
Dit beteken dat sodra die skuld verjaar, jy nie meer stappe mag neem om dit te verhaal nie.
Artikel 11 van die Prescription Act 68 van 1969 maak voorsiening vir die tydperke wanneer skuld sal verjaar.
Artikel 11 (a)(iii) en (d) bepaal dat die tydperke van verjaring van skuld die volgende sal wees—:
- 30 jaar ten opsigte van—
- (iii) enige skuld ten opsigte van enige belasting wat deur of kragtens enige wet opgelê of gehef word;
- (d) behalwe waar 'n Parlementswet anders bepaal, drie jaar ten opsigte van enige ander skuld.
Die vraag ontstaan dus of Skoolgeld, wat deur die Suid-Afrikaanse Skolewet gereguleer word, eers na 30 jaar sal verjaar?
Die kort antwoord is nee, Skoolgeld is nie 'n belasting nie, al word dit ingevolge 'n Wet gereguleer.
Skoolgeld word deur die Beheerliggaam van elke skool bepaal en deur die ouers aanvaar, en val dus buite die bestek om 'n belasting te wees.
Klik op die skakels hieronder, vir verdere inligting:
- Lees die volle artikel
- Liability of payment of public school fees PER 2011 Vol 14 no 6
- Feedback from DBE on prescription of school fees
- Section 126B of NCA
- Section 157B of National Credit Act
Opvolg artikel vanaf die lessenaar van Megan Oosthuizen (BCom)(LLB)
CeeBee Interne Prokureur
NUWE KLIËNTE
Ons het die volgende nuwe kliënte verwelkom hierdie kwartaal:
Gauteng:
Laerskool Nellie Swart; Hoërskool Goudrif; Duo Edu Senior Onafhanklik; Summerhill Preparatory; Summerhill College; All Saints Academy; Unica School; Linksfield Primary School & Rietondale High School.
Free State: AJ Jacobs Primary School.
KZN: Port Shepstone High School & Lincoln Heights Secondary.
Eastern Cape: Aliwal Noord Hoërskool & St Francis College.
West Rand: Indigo Blue Learning; Randfontein Christian Academy & Westonaria Primary School.
Western Cape: Hoërskool Hexrivier; Knysna High School; Hoërskool Hopefield & Laerskool Mikro.
North West: Victory Primary School; Laerskool Sanddrift & Thornhill Primary School.
Limpopo: Orchid Primary School. Mpumalanga: Chazon Tekna School & Laerskool Sabie.