Dienste

Skool Gelde

Agterstallige Invordering

  • Ons skoolkliënte bestaan ​​uit ISASA-skole, Publieke Laer- en Hoërskole, sowel as spesiale-behoefteskole.
  • Ons Memorandum van Ooreenkoms is op 'n maand-tot-maand basis – geen langtermynkontrak nie. 
  • Ons diens is hoogs verpersoonlik. Skole het een kontakpunt – 'n geregistreerde, toegewyde Skuldbestuurder.
  • Ons gerekenariseerde stelsel laat onmiddellike aflaai van debiteureinligting na 'n skoolkliënt toe. Ons het die mees gevorderde sagteware en soniese firewall wat verseker dat ons personeel wat van die huis af werk, veilige toegang tot ons bediener het. Ons stelsel het uitstekende verrigtings monitering vermoë en alle telefoniesse  oproepe wat na debiteure gemaak word vanaf ons invorderaars wat van die huis af werk gaan steeds deur ons stelsel en word regstreeks opgeneem en gemonitor.
  • Maandelikse vorderings- en Regsverslae word elektronies aan skoolkliënte gestuur.
  • Ons Besturende Direkteur het 'n ampstermyn van ses jaar as Voorsitter van 'n groot Hoërskool Beheerliggaam gedien. Hierdie blootstelling het waarde toegevoeg tot ons dienslewering en 'n groter begrip van die omgewing waarin ons skoolkliënte funksioneer.
  • CeeBee does not close during school holidays and continues to collect throughout the year.
Kredietkontrole

& Debiteureverifikasie

  • ‘n Opspoor- en agtergrond krediet kontrole diens is beskikbaar as 'n bykomende diens aan Privaatskool kliënte.
  • Kliënte kan enige of al drie opsies kies:
      • Normale kredietburo-kontrole
      • Aktekantoorsoektog
      • Volledige kontrole – al die bogenoemde plus indiensnemings verifikasie.
  • Schools are making frequent use of this service when new applications to attend the school are submitted.
  • Die skool se aansoekvorm moet 'n toepaslik bewoorde klousule bevat, waarin die ouer toestemming gee dat die skool en/of sy aangestelde Agent, toegang tot sy/haar Verbruikersprofiel kry op die databasis wat deur die betrokke Kredietburo/s gehou word.
  • Op-inskrywing adres verifikasie.
  • Indiensneming, adres en kontak verifikasie.
  • Aktesoektog en CIPRO-kontrole.

Addisionele dienste

Artikel 41 Briewe
  • Artikel 41 Finale Aanmaning briewe – CeeBee verskaf 'n diens waar ons jou Artikel 41 Finale Aanmaning briewe voorberei en uitstuur via geregistreerde e-pos of geregistreerde pos. Die enigste koste vir die skool is die geregistreerde e-pos/pos koste. Die skool kry dan 'n afskrif van elke brief en elke geregistreerde kwitansie wat aandui dat elke Artikel 41 Finale Aanmanings brief gestuur is aan die ouer.
Vrystelling verwerking
  • Vrystellingsverifikasie – ons verskaf 'n vrystellingverwerkingsdiens wat verifikasie van die inligting wat ingedien is, insluit. Ons ontleed dan die aansoek namens die skool in terme van die Vrystellings regulasies en berei die uitkomsbrief voor vir die Skoolbeheerliggaam, om af te teken. Ons doen ook die nodige kontroleblaaie en 'n statistiese verslag van al u Vrystellingsaansoeke. Hierdie diens is teen 'n koste.