Skool Gelde
Skuldinvordering
- Ons skoolkliënte bestaan uit ISASA-skole, Publieke Laer- en Hoërskole, sowel as spesiale-behoefteskole.
- Ons Memorandum van Ooreenkoms is op 'n maand-tot-maand basis – geen langtermynkontrak vir invordering van agterstallige skoolgelde nie.
- Ons diens is hoogs verpersoonlik. Skole het een kontakpunt – 'n geregistreerde, toegewyde Skuldbestuurder wie in beheer is van hul agterstallige skoolgelde.
- Ons gerekenariseerde stelsel laat onmiddellike aflaai van debiteureinligting na 'n skoolkliënt toe.
- Maandelikse vorderings- en Regsverslae op agterstallige skoolgelde word elektronies aan skoolkliënte gestuur.
- Ons Hoof Uitvoerende Beampte het ’n ampstermyn van ses jaar as Voorsitter van 'n groot Hoërskool Beheerliggaam gedien. Hierdie blootstelling het waarde toegevoeg tot ons dienslewering en 'n groter begrip van die omgewing waarin ons skoolkliënte funksioneer.
- CeeBee sluit nie gedurende skoolvakansies nie en gaan voort om deur hierdie lang periodes agterstallige skoolgelde in te vorder.